Die Here het gesê: “Julle moet die ramshoring blaas en die mense waarsku, want die vyande kom. Hulle is soos arende wat bokant die tempel vlieg en draai. Dit gebeur omdat die mense van Israel die verbond met My breek. Hulle wil nie luister na My nie.
“Hulle het konings en amptenare gekies en aangestel, maar hulle het nie vir My gevra wie hulle moet aanstel nie. Hulle het beelde gemaak van goud en silwer. Daarom sal die vyande hulle doodmaak.
Hulle het vriende gesoek by die ander volke, maar dit sal nou nog slegter met hulle gaan. Ek sal hulle nou op een plek laat bly, en hulle sal baie swaar kry. Die koning van Assirië sal hulle baie belasting laat betaal.
Hulle het vir My offers gebring, maar hulle het die vleis self geëet. Ek hou nie van hulle nie. Ek sal onthou dat hulle sonde gedoen het en Ek sal hulle straf: Hulle sal moet teruggaan na Egipte.
“Die mense van Israel het vergeet dat Ek hulle gemaak het. Hulle en die mense van Juda het mooi huise gebou, en ook sterk mure om die stede. Maar Ek sal vuur stuur, en die vuur sal die stede en die groot en sterk huise afbrand.”