“Daar is miskien op iemand se vel 'n plek wat begin swel, of daar is 'n skurwe plek of 'n vlek op sy vel. As dit lyk of die seerplek miskien melaats is, dan moet sy mense hom bring na die priester Aäron of na een van Aäron se seuns, een van die priesters.
Die priester moet kyk na die seerplek. As die hare op die seerplek wit geword het en as dit lyk of die seerplek dieper is as die vel, dan is die seerplek melaats. Nadat die priester na die persoon gekyk het, moet hy sê dat die persoon onrein is.
“Partymaal is die vlek op die vel wit en dit lyk of dit nie dieper is as die vel nie. As die hare op die vlek nie wit geword het nie, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.
Die priester moet op die sewende dag weer na die persoon kyk, en as hy sien dat die seerplek op die vel nie groter geword het nie, dan moet hy die persoon nóg sewe dae toesluit.
Die priester moet ná sewe dae weer na die persoon kyk, en as die seerplek dof is en dit het nie groter geword nie, dan moet die priester sê dit is 'n ander velsiekte, die persoon is rein. Die persoon moet sy klere was, dan sal hy rein wees.
“Maar as die skurwe plek groter geword het nadat die persoon by die priester was en as die priester gesê het dat hy rein is, dan moet die persoon weer na die priester toe kom.
Die priester moet kyk, en as die skurwe plek op die vel groter geword het, dan is die persoon melaats, en die priester moet dan sê die persoon is onrein.
Die priester moet na die seerplek kyk. As die seerplek op die vel wit is en dit is geswel, en die hare op die seerplek is wit, en as die seerplek rou is,
en dan begin dit weer swel en dit is wit waar die seerplek was, of die seerplek word miskien pienk. Dan moet die persoon dit vir die priester gaan wys.
As die priester sien dat die seerplek dieper is as die vel en dat die hare daarop wit geword het, dan moet die priester sê dat die persoon onrein is. Die seerplek het melaats geword.
Maar as die priester sien dat die hare op die plek nie wit is nie en dat die seerplek nie dieper is as die vel nie en dat dit dof geword het, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.
dan moet die priester na die seerplek kyk. As die hare op die seerplek wit geword het, en as die seerplek lyk of dit dieper is as die vel, dan het die brandplek melaats geword. Die priester moet sê die persoon is onrein, want hy is melaats.
As die priester na die seerplek kyk, en die hare op die plek is nie wit nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie en dit is nie meer rooi nie, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.
Die priester moet op die sewende dag weer na die seerplek kyk. As die seerplek groter geword het, dan moet die priester sê dat die persoon onrein is, hy is melaats.
As die seerplek nie groter geword het nie en dit is nie meer rooi nie, dan is dit die merk wat oorgebly het waar die brandplek was. Die priester moet sê die persoon is rein.
Die priester moet kyk na die seerplek, en as die seerplek dieper is as die vel, en daar is geel, fyn haartjies op die seerplek, dan moet die priester sê die persoon is onrein.
Maar as die priester na die seerplek kyk, en dit lyk of die seerplek nie dieper is as die vel nie, maar daar is nie swart hare in die seerplek nie, dan moet die priester die persoon wat die seerplek het, sewe dae lank toesluit.
Die priester moet op die sewende dag weer kyk. As die seerplek nie groter geword het nie, en daar is nie geel hare in die seerplek nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie,
dan moet die persoon sy hare en sy baard afskeer, maar hy moenie die hare in die seerplek afskeer nie. Die priester moet die persoon dan weer sewe dae lank toesluit.
As die priester op die sewende dag weer na die seerplek kyk, en die seerplek het nie groter geword nie en die seerplek is nie dieper as die vel nie, dan moet die priester sê die persoon is rein. Die persoon moet sy klere was. Hy is rein.
dan moet die priester weer na hom kyk. As die seerplek groter geword het, dan moet die priester nie ook kyk of die hare geel is nie. Hy weet dan dat die persoon onrein is.
Maar as die priester sien die seerplek het nie groter geword nie en daar het swart hare gegroei op die seerplek, dan is dit gesond. Die persoon is rein, en die priester moet sê die persoon is rein.
“Iemand wat melaats is, moet sy klere skeur en hy moet sy hare los laat hang. Hy moet sy snor en sy baard toe hou en hy moet skree: ‘Ek is onrein! Ek is onrein!’
As die priester dan sien dat die kolle nie meer geword het nie maar dat dit nog dieselfde lyk, dan is die klere of materiaal of die ding van vel onrein, en hy moet sê dat die persoon dit moet verbrand. Dit maak nie saak of die kolle buite of binne op die klere of materiaal of die ding van vel was nie.
Dit is wat moet gebeur wanneer daar kolle is op klere van wol of linne of op materiaal of op iets van wat van vel gemaak is. Die priester moet dan sê of dit rein of onrein is.”