“Jy moet vir die Israeliete sê: Iemand maak miskien 'n gelofte aan die Here en hy wy 'n persoon aan die Here. Dan moet julle sê hoeveel hy moet betaal om die persoon weer los te koop.
“En as iemand te arm is om hierdie geld te betaal, dan moet hy die persoon wat hy gewy het, na die priester toe bring, en die priester moet besluit hoeveel die arm man kan betaal.
Die priester sal sê hoeveel hy moet betaal vir daardie dier. Miskien is dit 'n goeie dier of miskien is dit 'n slegte dier, dit maak nie saak nie. Die priester moet sê hoeveel die persoon moet betaal, en die persoon moet dit dan betaal.
“Wanneer 'n persoon sy huis aan die Here wy, dan moet die priester sê hoeveel die persoon moet betaal. Miskien is dit 'n goeie huis, miskien is dit 'n slegte huis, dit maak nie saak nie. Die priester moet sê hoeveel die persoon moet betaal, en die persoon moet dit dan betaal.
“As iemand 'n stuk van sy grond aan die Here wy, dan moet julle kyk hoeveel saad iemand op daardie grond kan saai. Hy moet 50 sikkels silwer betaal vir elke gomer gars wat hy op daardie grond saai.
As hy die grond wy lánk ná die Hersteljaar, dan moet die priester sê die persoon mag minder betaal, die priester moet die jare tel wat oorbly tot die volgende Hersteljaar.
As die persoon die grond wat hy gewy het, self wil loskoop, dan moet hy een vyfde bysit by die geld wat hy vir die priester moet gee, dan mag hy die grond hou.
Wanneer die eerste eienaar weer die grond kry in die Hersteljaar, dan is dit aan die Here gewy. Dit is soos grond wat net aan die Here mag behoort. Die priester moet die grond kry.
dan moet die priester tel hoeveel jaar oorbly tot die Hersteljaar, en hy moet dan sê hoeveel die persoon moet betaal. Die persoon moet die geld dieselfde dag betaal, dit is aan die Here gewy.
Iemand kan die eerste kleintjie van 'n onrein dier loskoop. Die priester moet sê hoeveel die persoon moet betaal, en die persoon wat dit loskoop, moet een vyfde meer betaal. As iemand dit nie loskoop nie, dan moet die priester sê hoeveel iemand anders daarvoor moet betaal.
Wanneer iemand vir die Here iets gegee het om net aan die Here te behoort, dan kan niemand dit koop of loskoop nie. Dit kan 'n mens of 'n dier of grond wees, as dit net aan die Here mag behoort, dan is dit hoog-gewyd.
Julle mag nie kyk of die dier goed of sleg is nie en julle mag dit nie omruil vir 'n ander dier nie. As iemand dit doen, dan is altwee diere aan die Here gewy, niemand mag dit loskoop nie.”