“Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer iemand sonde doen teen een van die gebooie van die Here, wanneer hy iets doen wat hy nie mag doen nie, maar hy weet dit nie, dan moet julle só doen:
“Wanneer die gesalfde priester sonde gedoen het en hy het die volk skuldig laat word, dan moet hy 'n gesonde bul vir die Here gee. Dit is 'n sonde-offer.
Hy moet die bul bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy moet sy hand op die kop van die bul sit en hy moet die bul daar voor die Here slag.
Daarna moet hy 'n bietjie van die bloed smeer aan die horings van die wierook-altaar, daar voor die Here in die tent, en dan moet hy al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die brandoffer-altaar voor die tent.
“Miskien het die hele volk Israel sonde gedoen, maar hulle weet dit nie, hulle het iets gedoen teen een van die gebooie van die Here, iets wat 'n mens nie mag doen nie, en hulle het skuldig geword.
Wanneer hulle dan uitvind dat hulle die sonde gedoen het, dan moet die volksvergadering 'n bul gee om 'n sonde-offer te wees. Hulle moet die bul bring voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Dan moet hy van die bloed aan die horings van die altaar smeer, daar voor die Here in die tent. En hy moet al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die altaar wat voor die tent is.
Hy moet sy hand op die bok se kop sit en hy moet die bok slag op dieselfde plek waar hulle die brandoffer-dier voor die Here slag. Dit is 'n sonde-offer.
Die priester moet dan van die sonde-offerbok se bloed op sy vinger neem en hy moet dit aan die horings van die brandoffer-altaar smeer. Hy moet die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die brandoffer-altaar.
Dan moet hy al die vet van die bok op die altaar verbrand, soos die vet van die ete-offer. Die priester doen so versoening vir die sonde van die leier, en die Here sal hom vergewe.
Die priester moet dan van die ooi se bloed op sy vinger neem en hy moet dit aan die horings van die brandoffer-altaar smeer. Hy moet al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die altaar.
Dan moet hy al die vet uithaal wat in die ooi is, soos hy die vet van die dier uithaal wat die ete-offer moet wees, en hy moet dit op die altaar verbrand. Dit ruik lekker vir die Here. Die priester doen so versoening vir die persoon, en die Here sal hom vergewe.
Die priester moet van die ooi se bloed op sy vinger neem en hy moet dit aan die horings van die brandoffer-altaar smeer. Hy moet die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die altaar.
Hy moet al die vet uithaal, soos hy die vet van die skaap vir die ete-offer uithaal, en hy moet dit op die altaar verbrand, saam met die vuur-offers vir die Here. Die priester doen so versoening vir die sonde wat die persoon gedoen het, en die Here sal hom vergewe.”