Op die plek waar die •brandoffer keelaf gesny word, moet die hersteloffer ook keelaf gesny word en die priester moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
So behoort elke •graanoffer wat in 'n oond gebak is, of wat in 'n pan of op 'n bakplaat voorberei is, aan die priester wat die offer bring; dit kom hom toe.
As iemand dit uit dankbaarheid bring, moet hy saam met die •dankoffer ongesuurde brood aanbied: ringbrode, klam gemaak met olyfolie, platbrode, gesmeer met olyfolie, en gesifte meel, klam gemaak met olyfolie en deurgeknie.
Van elke soort brood van die offer moet hy een aanbied as 'n •wydingsgeskenk aan die Here. Dit is bedoel vir die priester wat die bloed van die maaltydoffer sprinkel; dit kom hom toe.
Die vleis van sy maaltydoffer wat iemand uit dankbaarheid bring, moet op die dag van sy offer geëet word. Niks daarvan mag oorbly tot die volgende oggend nie.
“ ‘As sy offergawe 'n slagoffer is, ná 'n gelofte of vrywillig, moet dit op dieselfde dag wat hy sy offer bring, geëet word. Wat daarvan oorbly tot die volgende dag, mag ook nog geëet word.
As daar wel van die vleis van die maaltydoffer op die derde dag geëet word, sal die persoon wat die offer bring, nie aanvaar word nie. Dit sal nie in sy guns tel nie. Dit is iets walgliks en die persoon wat daarvan eet, sal sy skuld moet dra.
Vleis wat raak aan enigiets wat onrein is, mag nie geëet word nie. Met vuur moet dit verbrand word. “ ‘Wat die offervleis betref: Enigiemand wat rein is, mag daarvan eet.
Wanneer iemand aan iets raak wat onrein is, of dit nou die onreinheid van 'n mens of 'n onrein dier is, of enigiets onreins wat afstootlik is, en hy eet van die vleis van die maaltydoffer wat aan die Here behoort, sal daardie persoon van sy mense afgesny word.’ ”
Die vet van 'n dier wat doodgegaan het en die vet van 'n verskeurde dier mag gebruik word vir enige alledaagse take, maar dit mag beslis nie geëet word nie.
“ Praat met die Israeliete en sê, ‘Wie sy maaltydoffer vir die Here bring, moet self die deel van sy maaltydoffer wat aan die Here behoort, in die heiligdom inbring.
Met sy eie hande moet hy die offergawe vir die Here indra; die vet moet hy saam met die borsstuk indra. Die borsstuk moet hy indra om dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer te beweeg.
Want die borsstuk, wat die gewyde gawe is, en die regterboud, wat die wydingsgeskenk is, het Ek uit die Israeliete se maaltydoffers geneem en aan die priester Aäron en sy seuns gegee as die deel wat hulle altyd by die Israeliete moet kry.
Dit is wat die Here beveel het die Israeliete aan hulle moet gee, op die dag dat Hy hulle gesalf het. Dit is 'n voorskrif wat altyd geld vir hulle nageslag.’ ”
wat die Here aan Moses as opdrag gegee het op die berg Sinai die dag toe hy die Israeliete in die Sinaiwoestyn beveel het om hulle offers aan die Here te bring.