Elke ander koring-offer, die koring-offer wat hulle met olyf-olie gemeng het, en die koring-offer wat droog is, behoort aan die priesters van die nageslag van Aäron, enige een van hulle kan dit kry.”
As hy offer om vir die Here dankie te sê, dan moet hy saam met die dank-offer ook ongesuurde rondebrood van meel offer. Hy moet dit meng met olyf-olie, ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het, en rondebrood van die beste meel wat hy gemeng het met olyf-olie.
Die persoon wat die offer bring en sy mense moet die vleis vir die dank-offer, die ete-offer, op-eet op die dag wanneer hy dit bring. Daar mag niks oorbly tot die volgende dag nie.
As hy offer omdat hy 'n gelofte gemaak het of omdat hy self besluit het om 'n offer te bring, dan eet hulle die vleis op die dag wanneer hy die offer bring, maar as daar vleis oorbly, dan mag hulle dit die volgende dag eet.
As iemand op die derde dag van die vleis eet, dan sal die Here nie die offer aanvaar nie. Dit sal wees soos wanneer die persoon nie 'n offer gebring het nie. Die Here sal dit haat, en Hy sal die persoon straf wat die vleis eet.
Iemand raak miskien aan iets wat onrein is, dit is miskien 'n mens of 'n dier wat onrein is, of iets anders wat die Here haat. As die persoon dan van die vleis eet wat aan die Here behoort, die vleis van die ete-offer, dan moet julle hom afsny van sy volk.”
Wanneer 'n dier gevrek het, of wanneer 'n wilde dier dit doodgemaak het, dan mag julle die vet gebruik vir julle werk, maar julle mag glad nie die vet eet nie.
want Ek het die bors van die beweeg-offer en die boud geneem van die Israeliete en Ek het dit vir die priester Aäron en sy seuns gegee. Die boud is 'n present, dit is 'n deel van die ete-offers, en die Israeliete moet dit altyd gee.
Dit is die dele wat Aäron en sy seuns moet kry van die vuur-offers van die Here. Hulle moet dit kry van die dag toe hulle gewy is om priesters van die Here te wees.
“Dit is wat moet gebeur met die brand-offer, die koring-offer, die sonde-offer, die skuld-offer, die offer wanneer priesters gewy word, en die ete-offer.”
Die Here het dit vir Moses gesê op Sinai-berg, in die Sinai-woestyn. Die Here het dit gedoen toe Hy gesê het dat die Israeliete offers vir Hom moet gee.