en hy het vir Aäron gesê: “Jy moet 'n gesonde bul-kalf neem om 'n sonde-offer te wees en ook 'n gesonde skaap-ram om 'n brand-offer te wees, en jy moet hulle vir die Here offer.
Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Julle moet 'n gesonde bok-ram neem om 'n sonde-offer te wees en julle moet 'n gesonde jaaroud kalf en 'n skaap-lam neem om 'n brand-offer te wees.
En julle moet 'n bul en 'n skaap-ram vir die Here offer om ete-offers te wees, en ook 'n koring-offer van meel wat julle met olyf-olie gemeng en geknie het, want vandag sal julle die lig sien wat om die Here, die Koning, is.’ ”
Die Israeliete het gegaan na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn en hulle het alles wat Moses gesê het, na die voorkant van die tempel gebring. Die hele volksvergadering het nader gekom en hulle het voor die Here kom staan.
Toe sê Moses vir Aäron: “Kom na die altaar en offer jou sonde-offer en jou brand-offer en doen versoening vir jouself en vir die volk. Jy moet die offer van die volk offer en jy moet vir hulle versoening doen, soos die Here gesê het.”
Aäron se seuns het die bloed vir hom gebring. Hy het sy vinger in die bloed gesteek en hy het bloed aan die horings van die altaar gesmeer. Hy het die bloed wat oorgebly het, onder teen die altaar uitgegooi.
Daarna het Aäron die skaap-ram geslag wat 'n brand-offer moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed rondom teen die altaar gespat.
Daarna het Aäron die offer van die volk ge-offer. Hy het die bok-ram geneem wat die sonde-offer van die volk moes wees en hy het dit geslag en ge-offer soos hy sy eie offer ge-offer het.
Daarna het hy die bul en die skaap-ram geslag wat die ete-offers van die volk moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed teen die altaar gespat, oral rondom die altaar.
Daarna het Aäron sy hande opgetel en hy het die volk geseën. Hy het teruggekom nadat hy die sonde-offers en die brand-offers en die ete-offers klaar ge-offer het.
Moses en Aäron het ingegaan in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die hele volk het die lig gesien wat om die Here, die Koning, was.