“My volk, julle moet onthou wat koning Balak van Moab met julle wou doen en wat Bileam seun van Beor vir hom gesê het. Julle moet alles onthou wat gebeur het tussen die stede Sittim en Gilgal sodat julle kan weet wat die Here gedoen het om julle te red.”
Julle vra: “Wat moet ek saamneem as ek na die Here se tempel gaan? Waarmee sal ek die Here dien? Die Here is groot. Moet ek brand-offers vir Hom bring? Moet ek vir Hom kalwers offer?
Die Here roep die mense van Jerusalem. Elke mens wat weet wat reg is, moet bang wees vir sy God. Die Here sê: “Luister, koning en almal wat in die stad bymekaar is,
Julle sal eet, maar julle sal nie vol word nie, julle sal honger bly. Julle sal julle goed bêre, maar Ek sal dit gee vir die mense wat teen julle oorlog maak.
Julle sal koring saai, maar julle sal nie koring afsny nie. Julle sal olie druk uit die olywe, maar julle sal nie olie kry om aan julleself te smeer nie. Julle sal sap uit die druiwe druk, maar julle sal nie wyn kry om te drink nie.
Julle het gelewe soos die slegte konings Omri en Agab. Daarom sal Ek vyande laat kom, en hulle sal julle stad verwoes. Hulle sal baie slegte dinge doen aan julle en hulle sal julle spot.”