hulle wil weet wie is almal ouer as 20 jaar. Die Here het vir Moses gesê hulle moet dit doen, soos hulle gedoen het toe die Israeliete uit Egipte gekom het.
en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is hierdie Datan en Abiram wat leiers was, die volk het hulle gekies om leiers te wees, en dit was hulle wat saam met die Korag-groep opstandig geword het teen Moses en Aäron. Hulle was ook opstandig teen die Here.
Toe het die aarde oopgeskeur en die aarde het hulle ingesluk saam met Korag. Die Korag-groep het gesterf toe 250 van hulle manne verbrand het. Hulle het 'n teken geword vir ander mense,
Jy moet vir 'n groot familie 'n groter stuk grond gee en vir 'n klein familie 'n kleiner stuk grond. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie.
en Amram was getroud met Jogebed. Sy is gebore in die land Egipte en sy was van die nageslag van Levi. Sy en Amram het drie kinders gehad: Aäron, Moses en hulle suster Mirjam.
Daar was 23 000 mans in die Levi-families wat 'n maand oud of ouer was. Moses en Eleasar het hulle nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie.
Die Here het daardie tyd vir die Israeliete gesê dat hulle almal daar in die woestyn sal sterf, dit is seker. Nie een van daardie Israeliete het aangehou lewe nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun het nog gelewe.