[1-2] Daar was ’n man met die naam Selofgad. Hy was ’n seun van Gefer, die seun van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse, die seun van Josef. Selofgad het vyf dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Op ’n dag het hierdie dogters na Moses en Eleasar toe gekom waar hulle saam met die leiers van die volk en al die ander Israeliete by die tent van die Here in ’n vergadering was.
“Ons pa,” het hulle gesê, “is in die woestyn dood sonder dat hy ooit seuns gehad het. Hy was nie een van Korag se trawante wat teen die Here in opstand gekom het nie. Hy het as gevolg van sy eie sonde gesterf.
Dit is mos nie regverdig dat ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie seuns gehad het nie. Daarom vra ons dat u vir ons sy grond tussen sy familie sal gee wat hy moes kry.”
want julle twee het mos nie na My geluister daar by Meriba in die Sinwoestyn nie. Dit was mos daar naby Kades dat die volk met julle baklei het, en julle julle teen My verset het.”
[16-17] “Here, U is die God van almal wat lewe. Ek pleit by U, stel tog net ’n leier aan oor dié klomp mense om hulle in die nuwe land in te lei en hulle te help as hulle moet veg. Anders sal hulle soos ’n trop skape sonder ’n herder wees.”
en laat Eleasar en die hele volk hiernatoe kom sodat hulle dit kan sien. Sê dan daar voor hulle almal vir hom wat sy taak gaan wees, en stel hom as jou opvolger en as die volk se nuwe leier aan.
Wanneer hy my raad en hulp nodig het, moet hy na die priester Eleasar toe gaan en hy sal my raadpleeg met die urim, ’n hulpmiddel wat Ek vir die priester gegee het om vir die volk te sê wat Ek wil hê. As Ek so met Eleasar gepraat het, moet Josua en die volk na hom luister.”