Op die dag toe Moses die •tabernakel klaar opgerig het, het hy dit gesalf en dit met al die gereedskap, asook die altaar met al die gereedskap, geheilig. Toe hy dit gesalf en geheilig het,
het die leiers van Israel, die hoofde van hulle families – dit is die leiers van die stamme, hulle wat met die inskrywing bystand verleen het – offergawes aangebied.
Hulle het hulle offergawes gebring na die Here se teenwoordigheid: ses waens met seile oor en twaalf beeste, 'n wa namens twee leiers en 'n bees namens elkeen. Hulle het dit aangebied voor die tabernakel.
“Aanvaar dit van hulle sodat dit gebruik kan word vir die werk by die Tent van Ontmoeting. Jy moet dit vir die Leviete gee, vir elkeen in ooreenstemming met sy taak.”
Vier waens en agt beeste het hy vir die nageslag van Merari, onder beheer van Itamar, seun van die priester Aäron, gegee, in ooreenstemming met hulle taak.
Maar vir die nageslag van Kehat het hy niks gegee nie, want die hantering van die heilige voorwerpe was hulle verantwoordelikheid. Hulle moes dit op hulle skouers dra.
Die leiers het offergawes vir die wyding van die altaar aangebied op die dag toe dit gesalf is. Toe die leiers hulle offergawes voor die altaar aanbied,
Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n •graanoffer;
Hy het die volgende as sy offergawe aangebied: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld – albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;

Dit was, van die kant van die leiers van Israel, offergawes vir die wyding van die altaar die dag toe dit gesalf is: 12 silwerskottels, 12 silwer-offerbakke, 12 goue bakke.
Elke silwerskottel was 130 sikkel silwer en elke silwer-offerbak 70 sikkel silwer; al die silwer van die gereedskap was saam 2 400 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld.
Daar was 12 goue bakke vol reukwerk, elke bak was 10 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. Al die goud van die bakke was saam 120 sikkel.
Al die vee vir die brandoffer was 12 bulle, 12 ramme, 12 jaaroud ramlammers, met die bypassende graanoffer. Daar was 12 bokramme vir die reinigingsoffer.
Al die vee vir die maaltydoffer was 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme, en 60 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawes vir die wyding van die altaar nadat dit gesalf is.
Wanneer Moses in die Tent van Ontmoeting ingegaan het om met die Here te praat, het hy die stem gehoor wat met hom praat vanaf die versoendeksel op die ark met die Getuienis, van tussen die twee gerubs af. So het die Here met hom gepraat.