En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasar,ner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dr is die plek waar hulle Hom neergelê het.
Toe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.
Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom nsy opstanding gesien het, nie geglo het nie.
slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.