In daardie tyd was daar weer 'n groot klomp mense saam met Jesus en hulle het niks kos gehad nie. Jesus het sy dissipels na Hom toe geroep en vir hulle gesê:
Jesus het toe vir al die mense gesê hulle moet op die grond gaan sit om te eet. Hy het die sewe brode geneem en vir God dankie gesê daarvoor. Daarna het Hy die brood in stukke gebreek en dit vir sy dissipels gegee om vir al die mense te gee, en hulle het dit vir die mense gegee.
Hulle het ook 'n paar vissies gehad. Jesus het dit geneem en weer vir God dankie gesê. Toe het Hy gesê sy dissipels moet die vis ook vir die mense gee.
Daar kom toe Fariseërs en hulle het met Jesus begin stry. Hulle wou Hom toets en kyk wat Hy doen. Daarom het hulle vir Hom gevra om 'n wonderteken te wys wat van God kom.
Jesus het sy dissipels gewaarsku en vir hulle gesê: “Julle moet oppas, julle moet versigtig wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van koning Herodes.”
Jesus het geweet wat hulle dink en Hy het vir hulle gevra: “Hoekom praat julle oor die brood wat julle nie het nie? Weet julle nie, verstaan julle nog nie? Hoekom is julle so hardkoppig?
Toe Ek vyf brode gebreek het en vir die 5 000 mense kos gegee het, hoeveel mandjies vol stukkies het julle daarna opgetel?” Die dissipels het geantwoord: “Twaalf mandjies.”
Jesus vra toe weer: “En toe Ek die sewe brode gebreek het en vir die 4 000 mense kos gegee het, hoeveel groot mandjies vol stukkies het julle toe opgetel?” Die dissipels het geantwoord: “Sewe mandjies.”
Jesus en sy dissipels het in die stad Betsaida gekom. Die mense het 'n blinde man na Jesus toe gebring en hulle het Hom gesoebat om aan die man te raak.
Jesus het die blinde man se hand geneem en Hy het hom uit die dorpie gelei. Jesus het op die man se oë gespoeg en Hy het sy hande op die man gesit. Toe vra Jesus vir hom: “Wat sien jy?”
Jesus en sy dissipels het na dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Terwyl hulle daarnatoe gestap het, het Jesus vir sy dissipels gevra: “Wat sê die mense, wie is Ek?”
Van toe af het Jesus vir sy dissipels begin verduidelik dat die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes baie slegte dinge sal doen aan Hom, die Seun van die mens. Hulle sal Hom nie aanvaar nie, hulle sal Hom doodmaak, maar ná drie dae sal Hy weer lewe.
Jesus het omgedraai en na die ander dissipels gekyk. Hy het met Petrus geraas en gesê: “Gaan weg van My, Satan. Jy dink nie aan wat God wil hê nie, jy dink aan wat die mense wil hê.”
Jesus het toe al die mense wat daar was, saam met die dissipels na Hom toe geroep. Hy het vir hulle gesê: “As iemand saam met My wil kom, dan moet hy nie dink aan wat hy self graag wil hê nie. Hy moet lewe soos iemand wat weet hy sal aan 'n kruis sterf. Dit is hoe hy My moet volg.
Want as iemand homself wil red, dan sal hy sy lewe verloor. Maar as iemand sy lewe verloor omdat hy lief is vir My en vir die goeie boodskap, dan sal hy sy lewe red.
Die mense wat nou lewe, doen baie sonde. Hulle doen nie wat God wil hê nie. As iemand doen soos hulle en hy wil My nie ken nie en hy wil nie glo wat Ek sê nie, dan sal Ek, die Seun van die mens, hom ook nie wil ken nie. Ek sal hom ook nie wil ken nie wanneer Ek saam met die heilige engele kom en Koning is soos my Vader Koning is.”