Dit was Oktober en die fees van die tente was om die draai. Die Jode het elke jaar hierdie fees gehou. Dit het hulle herinner aan die tente waarin hulle voorouers moes bly toe hulle uit Egipte weg is. Terselfdertyd het hulle ook sommer vir die Here dankie gesê vir die goeie oeste. Dit was nou regtig ’n fees waarin die Jode se vrolikheid geen perke geken het nie. ’n Hele sewe dae lank het hulle fees gehou.
As jy aandag wil trek, help dit nie jy kruip hier weg nie. As jy hierdie dinge dan nou moet doen, gaan doen dit ten minste daar waar al die mense jou kan sien.”
Jesus antwoord toe: “Moenie vir My sê wat Ek moet doen nie. Ek weet wanneer die tyd vir My ryp is om dinge te doen. Doen julle maar wat julle wil en los My uit. Julle hoef nie bekommerd te wees oor wanneer sekere dinge met julle gaan gebeur nie.
Sondige mense word mos nie vir julle kwaad soos hulle vir My kwaad word nie. Ek sê mos reguit vir hulle dat hulle op die duiwel se pad is en daarvan hou hulle niks.
Oral onder die mense is daar oor Jesus gepraat. “Ag nee wat,” het party gesê. “Hy is sommer ’n kansvatter!” “Hoe kan julle so sê?” het ander teruggekap. “Hy is ’n goeie en eerlike mens.”
Die Jode het nie mooi geweet wat om daarvan te dink nie. “Hierdie man het tog nêrens gestudeer nie,” het hulle vir mekaar gesê. “Hoe is dit moontlik dat hy so baie weet?”
Iemand wat sommer net ’n klomp idees uitdink en rondvertel, doen dit mos sodat mense kan sê: ‘O, kyk hoe slim is hy,’ nie waar nie? Dit doen Ek nie. Nee, Ek wil hê dat julle eerder moet raaksien hoe groot God werklik is. Kyk na Hom en nie na My nie. Dit moet mos al genoeg wees om julle van my goeie bedoelings te oortuig, asook daarvan dat Ek die waarheid praat.
Het Moses nie vir julle die wet gegee nie? Dit is mos die wil van God. Maar julle steur julle nie daaraan nie. Julle breek die wet elke dag. Nou wil julle My doodmaak omdat Ek kamma die wet gebreek het toe Ek op die sabbat iemand gesond gemaak het. Verbeel jou!”
Jesus het Hom nie laat afskrik nie. “Ek het een buitengewone ding ’n ruk gelede op die sabbat gedoen. En kyk na julle, julle is nog steeds hier aan die wonder of dit nou reg was of nie. Ek wil julle graag help om dit beter te verstaan.
Moses het gesê dat julle julle seuntjies ’n sekere aantal dae na geboorte moet besny. (Eintlik het Moses dit nie begin nie, maar sy voorouers.) Omdat dit Moses is wat dit gesê het, doen julle dit, al moet julle dit ook op die sabbat doen.
Nou wil Ek julle ’n vraag vra: julle sê dit is reg om op die sabbat iemand te besny. Moses het mos gesê julle moet dit doen. Sekere dinge ís dan mos belangriker as die sabbat. As dit so is, waarom raak julle dan so opgewonde as Ek nie net ’n deel van ’n mens nie, maar die hele mens op die sabbat gesond maak?
Kyk nou net, hier staan hy tussen hulle en praat. En wat doen die leiers? Hulle staan soos lammetjies daar en maak nie ’n geluid nie. Ons wonder maar net: Besef hulle nie dalk dat hy regtig die Christus is nie?
“Dit sal snaaks wees, want ons weet mos waar hierdie man grootgeword het en wie sy familie is. Met die Christus sal dit mos anders wees. Niemand sal weet waar Hy grootgeword of wie Hom grootgemaak het nie.”
Jesus sê toe hard, sodat almal dit kan hoor: “Julle praat maklik, asof julle so seker is wie Ek is en waar Ek vandaan kom. Eintlik het julle geen idee nie! Ek het nie bloot uit My eie hier aangestap gekom nie. Die ware God self het My hierheen gestuur! Hom ken julle nie,
Nou was die Jode eers vasberade om Jesus agter tralies te sien. Niemand het egter ’n vinger verroer nie. Volgens God se plan was die tyd daarvoor nog nie ryp nie.
Nie almal wou egter vir Jesus in die tronk gooi nie. Daar was baie mense wat in Hom geglo het. Vas oortuig het hulle gesê: “Kyk net watter wonderlike dinge het Hy al gedoen. Wat meer wil julle hê voordat julle oortuig sal wees dat Hy die Messias is?”
Al het die mense dit probeer stil hou, het die Fariseërs dit tog te hore gekom. Dit het hulle laat besluit om nou iets aan die saak te doen. Hulle het die invloedryke priesters daarvan gaan vertel en toe die polisie gestuur om Jesus te gaan vang.
Wanneer Ek teruggaan, sal dit ook nie help dat julle My soek nie. Julle sal My nie kry nie, al soek julle hoe hard. En weet julle hoekom nie? Waar Ek dan sal wees, sal julle nie kan kom nie.”
Die Jode bespiegel toe onder mekaar hieroor: “Waarheen sou hy kon gaan dat ons hom nie sal kan kry nie? Is hy tog nie van plan om land uit te vlug en vir die klomp ongelowiges daar te gaan preek nie?” het hulle gewonder.
Die laaste dag van die fees was die hoogtepunt en almal was daar. Jesus sê toe hard en duidelik: “As jy geestelik dors is, kom na My toe. Ek sal jou dors les. Glo in My en in wat Ek sê.
“Dan sal jy soos ’n fontein word waaruit daar vars water borrel, om ’n voorbeeld uit die Skrif te gebruik. Dit sal nie gewone water wees nie, maar ‘water’ wat ’n mens vir ewig sal laat leef.”
(Met hierdie beeld het Jesus die koms van die Heilige Gees in gedagte gehad. Elke Christen sal die Gees ontvang en dan sal hierdie dinge van hom waar word. Maar die Gees was toe nog nie aan die gelowiges gegee nie. Dit sou eers gebeur nadat Jesus teruggegaan het na sy Vader in die hemel toe.)
“Julle mag so dink, maar ons dink Hy is die Redder self,” het ander hulle opinie gelug. Daar was ook ’n paar beterweters: “Ja, maar Hy kom uit Galilea. Ons almal weet tog dat die Redder nie uit Galilea sal kom nie.
Die Bybel self sê vir ons dat die Redder ’n agteragterkleinseun van Dawid sal wees. Dawid kom mos uit Betlehem en dit is baie ver van Galilea af! Hoe verklaar julle dit?”
Die Fariseërs vlieg hulle toe in: “Is julle ook nou heeltemal deurmekaar? Weet julle ook nou nie meer wat die verskil tussen reg en verkeerd is nie? Maak oop julle oë!
“Ja-nee, so ’n opmerking kan ’n mens ook net verwag van iemand wat uit Galilea kom,” kap die ander terug. “Gaan lees jou Bybel mooi. Dan sal jy sien dat Galilea nie ’n plek is waar profete nou juis vandaan kom nie.”