En in die dae toe die dissipels vermeerder het, het daar 'n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is.
En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: St,fanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Prochorus en Nik nor en Timon en P rmenas en Nikol Âs, 'n Jodegenoot uit Antioch¡ë,
En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.
En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Ciren,ërs en Alexandryne, en van die mense van Cil¡cië en Asië, en hulle het met St,fanus geredetwis.