Moses het uit die Jordaan-vallei in die land Moab gegaan. Hy het opgegaan na Nebo-berg, na die boonste punt van Pisga-berg, oorkant die stad Jerigo. Die Here het vir Moses die hele land gewys: die land Gilead tot by die stad Dan.
Die Here het vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek belowe het toe Ek vir Abraham, Isak en Jakob gesê het dat Ek dit vir hulle nageslag sal gee. Ek het nou die land ook vir jou gewys, maar jy sal nie in daardie land ingaan nie.”
Josua seun van Nun het baie wysheid gehad, want voordat Moses gesterf het, het hy sy hande op Josua gesit en hy het Josua die leier gemaak. Die Israeliete het geluister na Josua en hulle het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het.
Niemand anders kon al die tekens en wonderwerke doen wat Moses gedoen het nie. Die farao en sy amptenare en sy hele land het dit gesien toe die Here vir Moses na die land Egipte gestuur het.