Want hierdie Melgis,dek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseënhet;
aan wie Abraham ook 'n tiende deel van alles gegee het -- hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;
sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel 'n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;
As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was -- want met die oog daarop het die volk die wet ontvang -- waarom was dit nog nodig dat 'n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgis,dek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.
maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis,dek --
wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir die van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ndie wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.