Toe die Israeliete by Mispa bymekaar was, het hulle ’n belofte voor die Here afgelê: “Nie een van ons sal ons dogters met ’n Benjaminiet laat trou nie.”
Hulle is toe na Bet-El toe. Daar het hulle tot in die aand in die teenwoordigheid van die Here gesit. Hulle het lank daar gesit en bitterlik gehuil en gesê:
Toe vra hulle: “Was daar een van die stamme wat nie teenwoordig was toe ons by Mispa in die teenwoordigheid van die Here vergadering gehou het nie?” Hulle het vooraf ’n belofte afgelê dat enigeen wat geweier het om te kom, doodgemaak moes word.
“Wat kan ons doen om vroue in die hande te kry vir die mans uit die stam van Benjamin wat oorgebly het? Ons het mos gesweer dat ons nie ons dogters met hulle sal laat trou nie.”
In antwoord op hulle vraag of daar iemand was wat nie na die vergadering in Mispa toe gekom het nie, het dit geblyk dat niemand uit Jabes in Gilead daar was nie.
Die Benjaminiete het teruggekom en die volk het vir hulle die meisies uit Jabes in Gilead as vroue gegee. Daar was egter nie genoeg meisies sodat elkeen ’n vrou kon kry nie.
Ons kan hulle nie toelaat om met ons dogters te trou nie, aangesien ons ’n eed afgelê het wat sê dat enigeen wat sy dogter met ’n Benjaminiet laat trou, vervloek is.”
en wag. As julle die meisies van Silo sien uitkom om te dans, moet julle uit die wingerde opspring en elkeen vir julle ’n vrou gryp. Vat hulle dan saam met julle terug na die gebied van Benjamin toe.
As die pa’s en broers by ons kom kla, sal ons vir hulle sê: ‘Probeer tog verstaan, ons kon nie genoeg vroue vir hulle kry toe ons Jabes verwoes het nie. Julle is nie skuldig daaraan dat julle die belofte aan God verbreek het nie, want julle het nie julle dogters vrywillig vir hulle gegee om mee te trou nie.’”
Die Benjaminiete het dit toe gedoen. Hulle het die vroue wat aan die feesvierings deelgeneem het, ontvoer en saam met hulle teruggevat na hulle eie grondgebied toe. Hulle het hulle stede herbou en daarin gaan bly.