Dit is die nasies wat die Here met rus gelaat het, om Israel deur hulle te toets – dit is nou almal wat nie ervaring gehad het van al die oorloë in Kanaän nie –
die vyf regeerders van die Filistyne, al die Kanaäniete, die Sidoniërs en die Hewiete wat op die Libanongebergte gewoon het, vanaf die berg Baäl-Hermon tot by Lebo-Hamat.
Hulle was daar sodat die Here Israel deur hulle kon toets, om vas te stel of Israel die gebooie van die Here wat Hy hulle voorouers by monde van Moses beveel het, sal gehoorsaam.
Toe het die toorn van die Here teen Israel ontbrand, en Hy het hulle oorgelewer in die hand van Kusan-Risatajim, die koning van Aram-Naharajim. Die Israeliete het Kusan-Risatajim agt jaar lank gedien.
Toe het die Israeliete na die Here om hulp geroep. Hy het 'n verlosser vir die Israeliete laat opstaan, wat hulle verlos het. Dit was Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.
Die Gees van die Here het op hom gerus en hy het Israel gerig. Hy het uitgetrek om oorlog te voer, en die Here het vir Kusan-Risatajim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan-Risatajim gekry het.
Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Die Here het Eglon, die koning van Moab, teen Israel versterk, omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here.
Die Israeliete het na die Here om hulp geroep, en die Here het vir hulle 'n verlosser laat opstaan. Dit was Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat linkshandig was. Die Israeliete het hom gestuur met belasting vir Eglon, die koning van Moab.
Self het hy by die afgodsbeelde wat by Gilgal is, teruggedraai. “Ek het 'n geheime boodskap vir u, o koning,” het hy gesê. Eglon het gesê: “Stilte!” waarop almal wat hom bystaan, toe uitgegaan het.
Maar Ehud het na hom toe ingegaan, waar hy in die koel bovertrek sit wat vir die koning alleen bedoel was. “Ek het 'n boodskap van God vir u,” het Ehud gesê. Toe Eglon van die troon af opstaan,
sodat selfs die hef agter die lem ingaan en die vet die lem omsluit; want hy het nie die swaard uit sy maag uitgetrek nie. Hy is toe by die geheime uitgang uit.
Hy was net uit, toe daag Eglon se dienaars op en sien: Kyk, die deure na die bovertrek is dan gesluit! Hulle sê toe: “Hy is seker maar besig om sy voete te bedek in die koel kamer.”
Hulle het gewag totdat hulle verleë geraak het, maar kyk, niemand het die deure van die bovertrek oopgemaak nie. Hulle vat toe 'n sleutel en sluit oop. En daar lê hulle heer op die grond – morsdood!
Daar aangekom, het hy in die heuwelland van Efraim die •ramshoring laat blaas. Die Israeliete het toe saam met hom afgetrek uit die bergland, met hom aan die voorpunt.
Hy het vir hulle gesê: “Volg my, want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand. ” Hulle het toe afgetrek agter hom aan en die driwwe van die Jordaan na Moab beset. Niemand is toegelaat om deur te gaan nie.