In daardie tyd het die Filistyne hulle manne laat bymekaarkom om oorlog te maak teen die Israeliete. Akis het vir Dawid gesê: “Jy moet goed verstaan, jy en jou manne sal nou saam met my moet gaan om oorlog te maak.”
Samuel het voor daardie tyd gesterf. Al die Israeliete het oor hom gerou en hulle het hom begrawe in Rama, die stad waar hy gewoon het. Voor daardie tyd het Saul al die vroue wat met die geeste van dooie mense gepraat het en ook die waarsêers weggejaag uit die land.
Die Filistyne het bymekaargekom en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Sunem. Saul het al die Israeliete laat bymekaarkom en hy het sy tente opgeslaan op Gilboa-berg.
Hy het vir die Here gevra wat hy moet doen, maar die Here het hom nie geantwoord nie. Die Here het nie met Saul gepraat in 'n droom of met die urim nie. Hy het ook nie vir die profete gesê wat hulle vir Saul moet sê nie.
Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Julle moet vir my sê waar is 'n vrou wat met die geeste van dooie mense praat, ek wil vir haar vra wat ek moet doen.” Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is so 'n vrou in En-Dor.”
Saul het ander klere aangetrek sodat niemand kon sien wie hy is nie, en hy en twee manne het na die vrou toe gegaan. Hulle het in die nag by die vrou gekom, en Saul het vir haar gesê: “Jy moet vir my help, jy moet praat met die gees van 'n dooie man. Ek sal vir jou sê wie jy moet laat kom.”
Maar die vrou het vir Saul gesê: “Luister na my, jy weet self wat Saul gedoen het. Hy het die vroue wat met die geeste van dooie mense praat en die waarsêers uit die land gejaag. Hoekom wil jy hê ek moet iets doen waaroor hy my sal doodmaak?”
Saul het vir haar gevra: “Hoe lyk hy?” En sy het gesê: “Hy lyk soos 'n ou man, en hy dra 'n bo-kleed.” Saul het toe geweet dit is Samuel. Saul het gekniel en hy het laag gebuig.
Samuel het vir Saul gesê: “Hoekom is jy lastig? Hoekom laat jy my kom?” Saul sê toe: “Ek het baie probleme. Die Filistyne maak oorlog teen my, en God het weggegaan van my. Hy het my nie geantwoord nie, nie met die profete nie en nie met drome nie. Toe het ek vir jóú geroep, jy moet vir my sê wat ek moet doen.”
Die Here het gedoen wat Hy gesê het. Hy het my gestuur om vir jou te sê jy sal nie meer koning wees nie, Hy sal 'n ander man koning maak. Daardie man is Dawid.
Die Here sal die Filistyne laat wen teen die Israeliete en teen jou, en môre sal jy en jou seuns by my wees. Die Here sal die Filistyne laat wen teen die manne van Israel.”
Die vrou het na Saul toe gekom en sy het gesien hoe bang hy is. Sy het vir hom gesê: “Luister na my, ek het gedoen wat jy gevra het. Dit was baie gevaarlik vir my, maar ek het geluister na jou.
Maar Saul wou dit nie doen nie, hy het gesê: “Nee, ek sal nie eet nie.” Maar sy manne en die vrou het aangehou sê hy moet eet, toe het Saul geluister na hulle. Hy het opgestaan en hy het op 'n bank gaan sit.