Die seun Samuel het vir die Here gewerk saam met Eli. In daardie tyd het die Here min met mense gepraat en Hy het nie baie maal vir hulle iets gewys nie.
Samuel het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.” Maar Eli het gesê: “Ek het jou nie geroep nie. Gaan slaap weer.” Samuel het gaan slaap.
Die Here roep toe weer: “Samuel!” Samuel het opgestaan en hy het na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.” Maar Eli het gesê: “My seun, ek het jou nie geroep nie. Gaan slaap weer.”
Toe die Here die derde maal vir Samuel roep, het Samuel opgestaan en hy het na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.” Eli het toe besef dat dit die Here is wat die seun geroep het,
en hy het vir Samuel gesê: “Gaan lê, en wanneer Hy jou weer roep, dan moet jy sê: ‘Praat, Here, ek is u dienaar en ek luister.’ ” Samuel het weer op sy bed gaan lê.
Ek het vir hom gesê Ek sal sy familie vir altyd straf oor die sonde waarvan hy geweet het. Want sy seuns het My nie geëer nie, en hy het nie hard met hulle geraas nie.
Daarom het Ek gesê: Ek sal die sonde van Eli se familie nooit vergewe nie, ook nie wanneer hulle offers en presente vir My bring nie. Wat Ek gesê het, sal gebeur.”
Samuel het tot die oggend op sy bed gelê. Toe het hy die deure van die tempel oopgemaak. Hy was bang om vir Eli te vertel wat die Here vir hom kom sê het.
Toe sê Eli: “Wat het die Here vir jou gesê? Jy moet alles vir my vertel en niks wegsteek nie. Ek bid dat die Here jou sal straf as jy enige iets vir my wegsteek. Vertel vir my alles wat Hy vir jou gesê het.”
Al die Israeliete, van die stad Dan in die noorde tot by die stad Berseba in die suide, het geweet Samuel is 'n profeet wat altyd sê wat die Here vir hom sê.
Die Here het van toe af weer in Silo verskyn, want toe Hy in Silo met Samuel gepraat het, het Hy vir Samuel gewys wie Hy is. Samuel het met al die Israeliete gepraat.