× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 1 Konings GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 17 123456789101112131415161718192021221 1 1 : 1 1234567891011121314151617181920212223241 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 1 Konings 17 Stoor notas 1En El¡a, die Tisbiet, uit Tisbe in G¡lead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!2Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:3Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is;4en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.5En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.6En die kraaie het vir hom smôre ns brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.7Maar nverloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.8Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:9Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.10Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.11Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam.12Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.13En El¡a sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak.14Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.15En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van El¡a; en sy het geëet -- sy en hy en haar gesin dae lank:16die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van El¡a gespreek het.17Nhierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.18Toe sê sy vir El¡a: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!19Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;20en hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?21Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.22En die HERE het El¡a verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.23Daarop neem El¡a die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en El¡a sê: Kyk, jou seun lewe!24En die vrou sê vir El¡a: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 1 Konings 17 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/1kings/017.mp3 22 17