× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Dagbani Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 1 Kronieke GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 5 12345678910111213141516171819202122232425262728291 1 1 : 1 12345678910111213141516171819202122232425261 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 1 Kronieke 5 Stoor notas 1En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel--want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;2want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een 'n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad--3die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, was: Henog en Pallu, Hesron en Karmi.4Die seuns van Joël: sy seun Semája, sy seun Gog, sy seun Símeï;5sy seun Miga, sy seun Reája, sy seun Baäl,6sy seun Beëra, vir wie Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was 'n vors van die Rubeniete.7En sy broers volgens elkeen se geslag soos in die geslagsregister opgegee, volgens hulle afstamming, was: Jeï-el, die hoof; verder Sagaría8en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël; hy wat in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Méon gewoon het.9En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die woestyn, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie geword in die land Gílead.10En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead.11En die seuns van Gad het teenoor hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.12Joël was die hoof, en Safam die tweede in rang, en Jaénai en Safat, in Basan.13En hulle broers volgens hulle families was: Mígael en Mesúllam en Seba en Jórai en Jáekan en Sia en Eber, sewe.14Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van Mígael, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus.15Ahi, die seun van Abdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle families.16En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou.17Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Jotam, die koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die koning van Israel.18Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier en veertig duisend sewe honderd en sestig wat op kommando moes uittrek.19En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;20en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.21En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftig duisend; twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend esels en honderd duisend mense.22Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.23En die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.24En dit was die hoofde van hulle families, naamlik: Efer en Jíseï en Éliël en Asriël en Jeremía en Hodáwja en Jagdíël, manne, dapper helde, manne van naam, hoofde van hulle families.25Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer.26Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 1 Kronieke 5 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/1chronicles/005.mp3 29 5