× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Dagbani Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 2 Kronieke GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 18 1234567891011121314151617181920212223242526272829303132333435361 1 1 : 1 123456789101112131415161718192021222324252627282930313233341 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 2 Kronieke 18 Stoor notas 1En toe Josafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.2En nverloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samar¡a, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in G¡lead op te trek.3Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Josafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in G¡lead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.4Verder het Josafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.5Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.6Maar Josafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?7En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ,k haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Josafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!8Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla.9Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samar¡a, en al die profete voor hulle profeteer,10het Sedek¡a, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.11En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in G¡lead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.12Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom d¡t: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge.13Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!14Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word.15En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?16Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.17Toe sê die koning van Israel vir Josafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?18Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter-- en sy linkerhand staan.19En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in G¡lead? En die een het so gesê, en die ander weer so.20Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?21En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.22En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.23Daarop kom Sedek¡a, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?24En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.25Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.26En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.27Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!28En die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in G¡lead.29En die koning van Israel het aan Josafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.30En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.31En sodra die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Josafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.32En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.33Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.34En die geveg het die dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 2 Kronieke 18 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/2chronicles/018.mp3 36 18