× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Esra GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 6 123456789101 1 1 : 1 123456789101112131415161718192021221 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Esra 6 Stoor notas 1Toe het koning Dar¡us bevel gegee, en hulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre.2En in Agm,ta, in die vesting wat in die provinsie M,dië lê, is 'n skrifrol gevind, en so was daarin geskrywe: Oorkonde.3In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem -- die huis moet gebou word as 'n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el, sy breedte sestig el wees;4met drie lae groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word.5En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadn,sar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en na Babel gebring het, moet hulle teruggee, dat dit in die tempel in Jerusalem op hulle plek kan kom, en jy moet dit in die Godshuis sit.6Tattenai, goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai met hulle partygenote, die Afarsega‹ete wes van die Eufraat -- julle moet daar nou ver van af bly.7Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou.8En deur my word bevel gegee hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou, naamlik: Uit die inkomste van die koning, uit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat moet die onkoste aan daardie manne sorgvuldig vergoed word sonder vertraging.9En wat nodig is, jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,10dat hulle welgevallige offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.11En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie bevel oortree, 'n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis hieroor 'n puinhoop gemaak sal word.12En mag God wat sy Naam daar laat woon het, elke koning en volk neerwerp wat sy hand uitsteek om dit te oortree, om naamlik hierdie Godshuis in Jerusalem te verwoes. Ek, Dar¡us, gee bevel; sorgvuldig moet dit uitgevoer word.13Toe het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai en hulle partygenote sorgvuldig net so gehandel soos koning Dar¡us laat weet het.14En die oudstes van die Jode het gebou en goed gevorder deur die profetiese werksaamheid van die profeet H ggai en Sagar¡a, die seun van Iddo; en hulle het gebou en voltooi op bevel van die God van Israel en op bevel van Kores en Dar¡us en Artas sta, koning van Persië.15En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Dar¡us.16En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.17En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, twee honderd ramme, vier honderd lammers en twaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel.18En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.19En die ballinge het die pasga gehou op die veertiende van die eerste maand.20Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig -- hulle almal was rein -- en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.21En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die HERE, die God van Israel, te soek.22Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Esra 6 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/ezra/006.mp3 10 6