× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Nehemia GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 10 123456789101112131 1 1 : 1 1234567891011121314151617181920212223242526272829303132333435363738391 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Nehemia 10 Stoor notas 1En op die verseëlde stukke het geteken: Nehem¡a, die goewerneur, die seun van Hag lja, en Sedek¡a,2Ser ja, As rja, Jerem¡a,3Pasgur, Am rja, Malk¡a,4Hattus, Seb nja, Mallug,5Harim, M,remot, Ob dja,6Daniël, G¡nneton, Barug,7Mesullam, Ab¡a, M¡jamin,8Maäsja, B¡lgai, Sem ja; dit was die priesters.9En die Leviete: J,sua, die seun van As nja, B¡nnu‹van die seuns van Hen dad, K dmiël,10en hulle broers: Seb nja, Hod¡a, Kel¡ta, Pel ja, Hanan,11Miga, Rehob, Has bja,12Sakkur, Ser,bja, Seb nja,13Hod¡a, Ban¡, Beninu.14Die hoofde van die volk: Parhos, Pahat-Moab, Elam, Sattu, Bani,15Bunni, Asgad, B,bai,16Adonia, Bigwai, Adin,17Ater, Hisk¡a, Assur,18Hod¡a, Hasum, B,sai,19Harif, Anatot, Nobai,20Magp¡as, Mesullam, Hesir,21Meses beël, Sadok, J ddua,22Pel tja, Hanan, An ja,23Hos,a, Han nja, Hassub,24Hallohes, Pilha, Sobek,25Rehum, Has bna, Maäs,ja,26en Ah¡a, Hanan, Anan,27Mallug, Harim, Baäna.28En die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelbediendes en almal wat hulle afgesonder het van die volke van die lande tot die wet van God, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, almal wat enigsins kon verstaan,29het by hulle broers, die vername manne onder hulle, aangesluit, en hulle het onder eed en met beswering hulleself verplig om te wandel in die wet van God, wat deur die diens van Moses, die kneg van God, gegee is, en om te hou en te doen al die gebooie van die HERE onse Here, en sy verordeninge en sy insettinge;30verder dat ons ons dogters nie sou gee aan die volke van die land, en hulle dogters nie sou neem vir ons seuns nie;31en as die volke van die land koopware en allerhande soorte koring bring om op die sabbatdag te verkoop, dat ons niks van hulle sou neem op die sabbat of op 'n heilige dag nie; en dat ons in die sewende jaar die land braak sou laat lê en van elke skuldvordering afsien.32En ons het vir ons die verpligting aangegaan om ons 'n derde van 'n sikkel in die jaar op te lê vir die diens van die huis van onse God --33vir die toonbrode en die voortdurende spysoffer en die voortdurende brandoffer, die offers van die sabbatte, van die nuwemane, vir die feestye en vir wygawes en vir sondoffers om vir Israel versoening te doen, en vir enige dienswerk in die huis van onse God.34En ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit volgens ons families op vasgestelde tye jaar vir jaar te bring na die huis van onse God om vuur te maak op die altaar van die HERE onse God soos geskrywe staan in die wet;35en om die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van allerhande vrugtebome jaar vir jaar in die huis van die HERE te bring;36en om die eersgeborenes van ons seuns en ons vee, soos geskrywe staan in die wet, en die eersgeborenes van ons grootvee en ons kleinvee te bring in die huis van onse God vir die priesters wat diens doen in die huis van onse God;37en dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons offergawes en van die vrugte van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in die kamers van die huis van onse God en die tiendes van ons grond vir die Leviete, terwyl hulle, die Leviete, die tiendes sou invorder in al ons landboustede.38En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees as die Leviete die tiendes invorder, en die Leviete moet 'n tiende van die tiendes na die huis van onse God bring, in die kamers van die skathuis.39Want in die kamers moet die kinders van Israel en die kinders van Levi die offergawe van koring, mos en olie bring, omdat die gereedskappe van die heiligdom en die diensdoende priesters en die poortwagters en die sangers daar is; want ons wou die huis van onse God nie laat verwaarloos nie.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Nehemia 10 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/nehemiah/010.mp3 13 10