× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Kabardian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Tibetian Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Bagri Bhilali Bodo Braj Tulu Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Mazanderani Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Dagbani Edo Kituba Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Ester GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 5 123456789101 1 1 : 1 12345678910111213141 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Ester 5 Stoor notas 1Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.2En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.3Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk -- dit sal jou gegee word.4Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.5En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het.6En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk -- daaraan sal voldoen word.7Daarop antwoord Ester en sê: My bede en my versoek is:8As ek genade gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel.9En op die dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mordegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mordegai.10Maar Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal;11en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.12Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.13Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mordegai in die poort van die koning sien sit.14Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mordegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Di, woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Ester 5 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/esther/005.mp3 10 5