× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Dagbani Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Job GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 41 1234567891011121314151617181920212223242526272829303132333435363738394041421 1 1 : 1 123456789101112131415161718192021222324251 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Job 41 Stoor notas 1Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?2Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.3Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.4Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit -- wie kan daarin deurdring?5Die deure van sy gesig -- wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.6'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël.7Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.8Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.9Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.10Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit.11Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby.12Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond.13In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.14Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.15Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.16As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.17Raak iemand hom met die swaard -- dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.18Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.19Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.20Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.21Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder.22Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot.23Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.24Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.25Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Job 41 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/job/041.mp3 42 41