× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Psalms GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 104 1234567891011121314151617181920212223242526272829303132333435363738394041424344454647484950515253545556575859606162636465666768697071727374757677787980818283848586878889909192939495969798991001011021031041051061071081091101111121131141151161171181191201211221231241251261271281291301311321331341351361371381391401411421431441451461471481491501 1 1 : 1 12345678910111213141516171819202122232425262728293031323334351 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Psalms 104 Stoor notas 1Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed --2wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;3wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,4wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.5Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.6U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.7Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik --8berge het opgerys, laagtes het weggesak -- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.9'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.10Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.11Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.12By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.13Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.14Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,15en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.16Die bome van die HERE word versadig, die seders van die L¡banon wat Hy geplant het;17waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.18Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.19Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.20U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.21Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.22As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.23Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.24Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!25Daar is die see, groot en alkante toe wyd -- daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.26Daar gaan die skepe en die Levi tan wat U geformeer het om daarin te speel.27Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.28U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.29U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.30U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.31Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,32Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.33Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.34Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ,k sal bly wees in die HERE!35Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Psalms 104 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/104.mp3 150 104