Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die g,rubs; laat die aarde sidder! |
| 2 |
| Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke. |
| 3 |
| Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy! |
| 4 |
| Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob. |
| 5 |
| Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! |
| 6 |
| Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor. |
| 7 |
| In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het. |
| 8 |
| o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade. |
| 9 |
| Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God. |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/099.mp3
150
99