× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Spreuke GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 30 123456789101112131415161718192021222324252627282930311 1 1 : 1 1234567891011121314151617181920212223242526272829303132331 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Spreuke 30 Stoor notas 1Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.2Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.3En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.4Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun -- as jy dit weet?5Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.6Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.7Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:8Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;9dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.10Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.11Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,12'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,13'n geslag -- hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! --14'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.15Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! --16die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!17'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag -- die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.18Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:19die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.20So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.21Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:22onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;23onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.24Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:25die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;26die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;27die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;28die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.29Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:30die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;31die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.32As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het -- die hand op die mond!33Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Spreuke 30 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/proverbs/030.mp3 31 30