× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Spreuke GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 6 123456789101112131415161718192021222324252627282930311 1 1 : 1 12345678910111213141516171819202122232425262728293031323334351 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Spreuke 6 Stoor notas 1My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir 'n vreemde jou handslag gegee het,2verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,3doen dan dit, my seun, om jouself te red -- want jy het in die hand van jou naaste geraak -- gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,4gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;5red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger.6Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!7Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,8maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.9Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?10Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus!11So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.12'n Deugniet, 'n kwaaddoener is hy wat met 'n valse mond rondloop,13wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;14in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.15Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.16Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel:17trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,18'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,19een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.20Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;21bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;22mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.23Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe,24om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong.25Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;26want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.27Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?28Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?29So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.30'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;31en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.32Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;33slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;34want jaloersheid is 'n toorngloed in 'n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;35hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Spreuke 6 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/proverbs/006.mp3 31 6