× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Jesaja GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 66 1234567891011121314151617181920212223242526272829303132333435363738394041424344454647484950515253545556575859606162636465661 1 1 : 1 1234567891011121314151617181920212223241 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Jesaja 66 Stoor notas 1So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?2Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.3Wie 'n bees as offer slag, is soos hy wat 'n man doodslaan; wie 'n lam offer, soos hy wat 'n hond se nek breek; wie 'n spysoffer bring -- dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat 'n afgod prys. Soos hulle hul eie weë verkies het en hulle siel 'n behae het in hul verfoeisels,4so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.5Hoor die woord van die HERE, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil, sê: Laat die HERE heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!6Hoor -- 'n rumoer uit die stad! Hoor -- uit die tempel! Hoor -- dit is die HERE wat sy vyande hulle dade vergeld!7Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van 'n seuntjie verlos.8Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.9Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.10Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!11sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.12Want so sê die HERE: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos 'n rivier en die rykdom van die nasies soos 'n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.13Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.14En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van die HERE bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.15Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.16Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.17Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise -- almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die HERE.18Maar Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel; en hulle sal kom en my heerlikheid sien.19En Ek sal 'n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver kuslande wat my tyding nie gehoor en my heerlikheid nie gesien het nie; en hulle sal my heerlikheid onder die nasies verkondig.20En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in 'n rein voorwerp bring na die huis van die HERE.21En ook sal Ek uit hulle priesters en Leviete neem, spreek die HERE.22Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.23En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.24En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Jesaja 66 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/isaiah/066.mp3 66 66