× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Klaagliedere GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 1 123451 1 1 : 1 123456789101112131415161718192021221 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Klaagliedere 1 Stoor notas 1Alef. Ag, hoe verlate sit die stad wat vol mense was! Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies; die vorstin onder die provinsies het dienspligtig geword.2Bet. Bitterlik ween sy snags -- haar trane oor haar wange! Sy het geen trooster onder al haar liefhebbers nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, haar vyande geword.3Gimel. Juda is ontvolk deur ellende en deur sware diensbaarheid; hy sit onder die nasies, sonder om 'n rusplek te vind; al sy vervolgers het hom ingehaal tussen die engtes in.4Dalet. Die weë na Sion treur, omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte lê woes, haar priesters sug, haar jonkvroue is bedroef, en sy self het dit bitter.5He. Haar teëstanders het die oorhand gekry, haar vyande lewe rustig; want die HERE het haar droefheid aangedoen vanweë die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in gevangenskap gegaan voor die teëstander uit.6Wau. En van die dogter van Sion het gewyk al haar heerlikheid; haar vorste het geword soos takbokke wat geen weiveld vind nie en kragteloos heengegaan het voor die vervolger uit.7Sajin. Jerusalem dink, in die dae van haar ellende en haar omswerwinge, aan al haar kosbaarhede wat gewees het van die dae van die voortyd af. Toe haar volk deur die hand van die teëstander geval het en daar vir haar geen helper was nie, het die teëstanders haar aanskou, hulle het gelag oor haar ongelukkige uiteinde.8Get. Jerusalem het swaar gesondig, daarom het sy 'n voorwerp van afsku geword; almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het; sy self sug en het haar weggedraai.9Tet. Haar onreinheid kleef aan haar some, sy het aan haar einde nie gedink nie, en sy het wonderbaarlik gesink, sonder dat sy 'n trooster het. Sien my ellende aan, HERE, want die vyand hou hom groot.10Jod. Die teëstander het sy hand uitgesteek na al haar kosbaarhede; ja, sy het gesien hoedat heidene in haar heiligdom kom, van wie U bevel gegee het dat hulle in u vergadering nie mag kom nie.11Kaf. Haar hele bevolking sug, hulle soek brood, hulle het hul kosbaarhede vir voedsel gegee, om hulleself te verkwik. Aanskou, HERE, en merk op dat ek 'n veragte geword het.12Lamed. Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar 'n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee die HERE my bedroef het op die dag van sy toorngloed.13Mem. Uit die hoogte het Hy vuur gestuur in my gebeente en dit oorweldig, Hy het 'n net voor my voet uitgesprei, Hy het my agteruit laat wyk, Hy het my woes gemaak, die hele dag ellendig.14Noen. Die juk van my oortredinge is vasgebind deur sy hand, hulle is saamgevleg, hulle het op my nek gekom, dit het my krag laat struikel. Die Here het my oorgegee in die hande van een teen wie ek geen teëstand kon bied nie.15Samek. Die Here het al my magtiges binne-in my verwerp, Hy het teen my 'n feestyd uitgeroep om my jongmanne te verbreek; die Here het die parskuip getrap vir die jonkvrou, die dogter van Juda.16Ajin. Daarom ween ek, my oog, my oog loop af in water, want ver van my is die trooster wat my verkwik; my kinders is verbyster, omdat die vyand die oorhand het.17Pe. Sion brei haar hande uit, sy het geen trooster nie; die HERE het die wat rondom hom was, teen Jakob ontbied as sy teëstanders; Jerusalem het in hul midde 'n voorwerp van afsku geword.18Sade. Regverdig is Hy, die HERE, want ek was teen sy mond wederstrewig. Hoor tog, alle volke, en aanskou my smart; my jonkvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.19Kof. Ek het geroep na my liefhebbers -- hulle het my in die steek gelaat; my priesters en my oudstes het in die stad beswyk toe hulle voedsel vir hulle gesoek het om hulleself te verkwik.20Resj. Aanskou, HERE, hoe benoud ek is, my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant het die swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.21Sjin. Hulle hoor dat ek sug, ek het geen trooster nie; al my vyande hoor van my onheil, hulle is bly dat U dit gedoen het. U laat die dag kom wat U uitgeroep het, dat hulle kan wees soos ek,22Tau. dat al hulle boosheid voor u aangesig kom; en doen aan hulle soos U aan my gedoen het vanweë al my oortredinge, want my versugtinge is baie, en my hart is krank.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Klaagliedere 1 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/lamentations/001.mp3 5 1