× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Daniël GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 8 1234567891011121 1 1 : 1 1234567891011121314151617181920212223242526271 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Daniël 8 Stoor notas 1In die derde jaar van die regering van koning B,lsasar het aan my, Daniël, 'n gesig verskyn ndie een wat die vorige keer aan my verskyn het.2Ek het naamlik in die gesig gesien -- terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.3En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan 'n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom.4Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword.5Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad.6En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop.7En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.8En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel.9En uit een van die het 'n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.10En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap.11Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.12En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.13Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur -- van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid -- sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?14En hy het vir my gesê: Twee duisend drie honderd aande en môre s, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.15En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het.16En ek het 'n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!17Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.18En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig19en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.20Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.21En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.22En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het -- vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie.23Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.24En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.25En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.26En die gesig van die aande en die môre s waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms.27En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Daniël 8 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/daniel/008.mp3 12 8