× Taal Europa Russiese Belarus Oekraïens Pools Serwiese Bulgaars Slowaaks Tsjeggiese Roemeens Moldawies Aserbeidjan Armeens Georgies Albanees Gemiddelde Basjkir Tataars Tsjetsjeense Sloweens Kroaties Estnies Letlands Litaus Hongaarse Finse Noorse Sweeds Yslands Griekse Masedonies Duitse Beiers Nederlandse Deense Wallies Gaelies Iers Frans Baskies Katalaans Italiaanse Galasiër Roma Bosnian Noord-Amerika Engels Suid-Amerika Spaans Portugees Guarani Quechuan Aymara Sentraal Amerika Jamaika Nahoeatl Kiche Q'eqchi Haities Oos Asië Sjinees Japannese Koreaanse Mongools Uyghur Hmong Suidoos-Asië Maleisiese Birmaanse Hakha Chin Nepalees Cebuano Tagalog Kambodja Thais Indonesiese Viëtnamees Javaans Lao Iban Iu Mien Kachin Lahu Aceh Balinese Bugis Pampanga Sasak Shan Waray Suid-Asië Hindu Оdia Awadhi Mizo Kanarees Malabaars Marathi Goedjarati Tamil Teloegoe Pandjabi Kurukh Assamees Maithili Bengaalse Oerdoe Sinhala Dogri Haryanvi Meitei Konkani Santali Sindhi Koya Thado Sanskrit Devanagari Adilabad Gondi Ahirani Balochi Bundeli Chhattisgarhi Garhwali Kangri Kumaoni Mewari Munda Sadri Seraiki Shekhawati Sylheti Sentraal-Asië Kirgisies Oesbekies Tajik Turkmeense Kasakstan Karakalpak Middel ooste Turkse Hebreeus Arabies Persiese Koerdiese Pasjto Koptiese Afrika Afrikaanse Xhosa Zoeloes Ndebele Sotho Amharies Wolaytta Nigeriese Mossi Ika Dinka Kabile Ooi Swahili Marokko Somaliese Sjona Madagaskar Igbo Lingala Baoule Siswati Tsonga Tswana Gambië Yoruba Kamba Kinyarwanda Hausa Chewa Luo Makua Dyula Fulfulde Kalenjin Kikoejoe Kikwango Kirundi Krio Nigerian Pidgin Oromo Tshiluba Tshivenda Twi Umbundu Lugbara Luguru Pular Gussi Maasai Turkana Moba Getal Shilluk Tamasheq Makonde Bemba Fon Hadiyya Ibibio Kimbundu Kimiiru Lango Liberian Kreyol Lomwe Mende Morisyen Ndau Nyankole Sena Sidamo Soga Songe Sukuma Tarifit Teso Tiv Zande Kontinent Australië Nieu Seeland Papoea-Nieu-Guinee Ou Tale Aramees Latyns Esperanto 1 1 1 1953 20232020201120072006198319531 1 1 Josua GeneseEksodusLevitikusGetalleDeuteronomiumJosuaRegtersRut1 Samuel2 Samuel1 Konings2 Konings1 Kronieke2 KroniekeEsraNehemiaEsterJobPsalmsSpreukePredikerLied van SalomoJesajaJeremiaKlaagliedereEsegiëlDaniëlHosAnetaAmosObádjaJonahMigaNahumHabakukSefanjaHággaiSagariaMaleagi--- --- ---MattMarkusLukasJohannesHandelingeRomeine1 Korintiërs2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 Tessalonisense2 Tessalonisense1 Timoteus2 TimoteusTitusFilemonHebreërsJakobus1 Petrus2 Petrus1 Johannes2 Johannes3 JohannesJudasOpenbaring1 1 1 10 1234567891011121314151617181920212223241 1 1 : 1 123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142431 1 1 Afrikaanse Bybel 1933/1953 Josua 10 Stoor notas 1En toe Adoni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het -- soos hy met J,rigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen -- en dat die inwoners van G¡beon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,2het hulle baie bevrees geword, omdat G¡beon 'n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne helde was.3Adoni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na P¡ream, die koning van Jarmut, en na J fia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê:4Trek na my toe op en help my, dat ons G¡beon kan verslaan, omdat hy met Josua en met die kinders van Israel vrede gesluit het.5So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het G¡beon beleër en daarteen geveg.6Maar die manne van G¡beon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.7Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.8En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.9Toe Josua hulle skielik oorval -- hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek --10het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het 'n groot slag onder hulle geslaan by G¡beon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by As,ka en tot by Makk,da.11En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by As,ka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.12Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in G¡beon, en maan, in die dal van Ajalon!13Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent 'n volle dag.14En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en nhom, dat die HERE na die stem van 'n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.15Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.16Maar daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonk by Makk,da.17Toe aan Josua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makk,da --18het Josua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne daarby aan om hulle te bewaak.19Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand.20En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met 'n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het,21het al die manskappe by die laer, by Josua behoue teruggekom in Makk,da; niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.22Daarop sê Josua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.23Hulle het so gedoen en die vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.24En toe hulle die konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.25En Josua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal die HERE met al julle vyande doen teen wie julle sal veg.26En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe.27En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.28Daardie dag het Josua ook Makk,da ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makk,da het hy gedoen net soos met die koning van J,rigo.29Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Makk,da na Libna om met Libna oorlog te voer.30En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van J,rigo.31Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Libna na Lagis om dit te beleër en daarteen te veg.32En die HERE het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.33Toe trek Horam, die koning van Geser, op om Lagis te help; maar Josua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand van hom was wat vrygeraak het nie.34Daarop trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Lagis na Eglon om dit te beleër en daarteen te veg.35En hulle het dit ingeneem op dieselfde dag en dit verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat daarin was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het.36Toe trek Josua op en die hele Israel met hom saam van Eglon na Hebron om daarteen te veg.37En hulle het dit ingeneem en dit met sy koning en al sy stede en al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het, net soos hy met Eglon gedoen het: hy het dit met al die siele wat daarin was, met die banvloek getref.38Daarop draai Josua weg en die hele Israel met hom saam na Debir om daarteen te veg.39En hy het dit geneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en soos hy met Libna en sy koning gedoen het.40So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het.41En Josua het hulle verslaan van Kades-Barn,a af tot by Gasa, en die hele land Gosen tot by G¡beon.42En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel gestry het.43Daarna het Josua en die hele Israel met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan.Afrikaans Bible 1933/1953 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou Afrikaanse Bybel 1933/1953 Josua 10 00:00:00 00:00:00 0.5x 2.0x https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/joshua/010.mp3 24 10