Bybel in een jaar Mei 182 Samuel 7:1-291. Toe Dawid in sy paleis gevestig was en die Here hom rus gegee het van al sy vyande om hom,2. het Dawid die profeet Natan ontbied. “Kyk!” sê Dawid. “Hier woon ek in ’n pragtige paleis van sederhout, maar die ark van God staan in ’n tent!”3. Natan het die koning geantwoord: “Doen gerus wat u in gedagte het, want die Here is met u.”4. Maar daardie selfde nag het die Here vir Natan gesê:5. “Gaan sê vir my dienaar Dawid: ‘Dit is wat die Here sê: Wil jy vir My ’n huis bou om in te woon?6. Vandat Ek die Israeliete uit Egipte gelei het tot nou toe het Ek nog nooit in ’n huis gewoon nie. My huis was ’n tentwoning wat van plek tot plek verskuif het.7. Ek het al die tyd saam met Israel getrek. Ek het nooit enigeen van die leiers wat Ek beveel het om die volk Israel te lei, gevra: Hoekom bou julle nie vir My ’n huis van sederhout nie?’8. “Gaan en sê nou vir my dienaar Dawid: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Ek het jou uit die weiveld, van agter die skape weggevat om oor my volk Israel te kom heers.9. Ek was by jou oral waar jy gegaan het en Ek het al jou vyande vernietig. Ek het jou naam beroemd maak oor die hele aarde.10. Ek het my volk Israel ’n vaste woonplek gegee, en hulle daar gevestig. Dit is ’n veilige plek waar hulle nie weer gesteur sal word nie. Bose mense sal hulle nie onderdruk soos in die verlede,11. in die tyd toe Ek rigters aangestel het om oor my volk te heers nie. Ek sal jou rus gee van al jou vyande. “‘Nou verklaar die Here dat Hy vir jou ’n koningshuis sal bou.12. Wanneer jy sterf en by jou voorouers begrawe word, sal Ek een uit jou nageslag, jou eie seun, in jou plek koning maak en Ek sal sy koninkryk vas laat staan.13. Hy sal tot eer van my Naam ’n huis bou en Ek sal sy troon bevestig vir altyd.14. Ek sal vir hom soos ’n vader wees, en hy sal vir My ’n seun wees. As hy oortree, sal Ek hom bestraf deur mense en menslike middels.15. Maar my troue liefde sal Ek nie van hom af wegneem soos Ek dit tot jou voordeel van Saul af weggeneem het nie.16. Jou koningshuis en jou koninkryk sal vir altyd vasstaan en jou troon sal vir altyd voortbestaan.’”17. Natan het toe na Dawid toe teruggegaan en hom alles vertel wat die Here gesê het.18. Toe het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit en gebid: “Wie is ek, oppermagtige Here, en wie is my nageslag dat U so baie vir my gedoen het?19. En selfs dit was vir U nog nie genoeg nie, oppermagtige Here, want U het ook gepraat van ’n toekomstige koningshuis vir u dienaar! Wat ’n belofte aan ’n mens, oppermagtige Here!20. Wat meer kan ek sê? U ken my, u dienaar, oppermagtige Here.21. Ter wille van u dienaar en volgens u wil het U hierdie groot ding gedoen en dit vir my, u dienaar, bekendgemaak.22. “Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie.23. En watter ander volk is soos Israel? Dis die een nasie op aarde wat U, God, uit slawerny verlos het en U eie volk gemaak het. U het ’n groot naam vir Uself gemaak toe U u volk uit Egipte gered het en met groot ontsagwekkende dade die nasies en gode wat in hulle pad gestaan het, uitgedryf het.24. U het Israel tot u volk gemaak vir altyd, en U, Here, het hulle God geword.25. En nou, Here God, doen wat U belowe het oor my en my nageslag en bevestig dit vir altyd26. sodat u Naam vir altyd geëer mag word. Mag daar gesê word: ‘Die Here, die Almagtige, is God van Israel!’ En mag die koningshuis van u dienaar Dawid in u teenwoordigheid vas bly staan.27. “Here, Almagtige, God van Israel, ek het die vrymoedigheid geneem om hierdie gebed tot U te bid, want U het bekendgemaak dat U ’n huis vir my sal bou!28. Nou, oppermagtige Here, U is God en u woorde is waarheid. U het hierdie goeie dinge aan u dienaar belowe.29. Mag U nou asseblief die huis van u dienaar seën sodat dit vir altyd voor U mag bestaan, want U, oppermagtige Here, het dit belowe. Met u seën sal die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën wees!”2 Samuel 8:1-181. Hierna het Dawid die Filistyne gaan verslaan. Hy het hulle verneder en die mag van die Filistyne gebreek.2. Dawid het ook die land van Moab onderwerp. Hy het die mense langs mekaar in ’n ry op die grond laat lê en hulle met ’n tou in groepe afgemeet. Hy het twee lengtes gemeet om tereggestel te word en een om gespaar te word. Die Moabiete het aan Dawid onderhorig geword en aan hom belasting betaal.3. Dawid het ook die magte van Hadad-Eser, seun van Regob, die koning van Soba, verslaan toe hy uitgetrek het om sy mag by die Eufraatrivier te versterk.4. Dawid het 1 700 oorlogsperde en 20 000 voetsoldate van hom gevang. Hy het 100 perde vir homself gehou en die ander se hakskeensenings afgesny.5. Die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadad-Eser, koning van Soba te help, maar Dawid het 22 000 van hulle doodgemaak.6. Daarna het hy verskeie verdedigingsposte in Damaskus, die hoofstad van Aram, opgerig. Die Arameërs het Dawid se onderdane geword en belasting betaal. Oral waar hy gegaan het, het die Here vir Dawid die oorwinning laat behaal.7. Dawid het die goue skilde van Hadad-Eser se offisiere afgeneem en dit na Jerusalem toe gebring.8. Hy het ook ’n groot klomp brons uit Tebag en Berotai, stede van Hadad-Eser, saamgebring.9. Toe Koning Toï van Hamat hoor dat Dawid die leër van Hadad-Eser verwoes het,10. stuur hy sy seun Joram om groete aan Dawid te bring. Hy het hom ook gelukgewens met sy oorwinning oor Hadad-Eser, want Hadad-Eser het dikwels teen Toï geveg. Joram het baie geskenke van silwer, goud en brons aan Dawid gegee.11. Dawid het al hierdie geskenke aan die Here gewy, asook die silwer en goud wat hy gebuit het by al die nasies wat hy onderwerp het.12. Dit was Aram, Moab, Ammon, die Filistyne en Amalek, asook van die buit van Hadad-Eser seun van Regob, koning van Soba.13. Na sy oorwinning oor Aram, het Dawid vir hom naam gemaak toe hy 18 000 Edomiete in die Soutvlakte verslaan het.14. Hy het oral in Edom garnisoene geplaas sodat die hele Edom Dawid se onderdane geword het. Oral waar Dawid gegaan het, het die Here hom die oorwinning gegee.15. Dawid het oor die hele Israel regeer en was regverdig en billik teenoor almal.16. Joab seun van Seruja was die bevelvoerder van die leër. Josafat seun van Agilud was die skrywer.17. Sadok seun van Agitub en Agimelek seun van Abjatar was die priesters. Seraja was staatsekretaris.18. Benaja seun van Jojada was hoof oor die koning se Filistynse lyfwag. Dawid se seuns het as priesters opgetree.Psalms 64:1-101. ***2. O God, luister tog na my klag. Beskerm my teen die dreiging van my vyande.3. Beskut my teen sameswerings van kwaadwillige mense, teen die kwaadstokery van hulle wat onreg doen.4. Hulle wat hulle tong skerp maak soos swaarde, soos pyle met bitter woorde skiet,5. om uit hinderlae op die onskuldige te skiet, om onverwags op hom te skiet sonder om bang te wees.6. Hulle spoor mekaar aan tot bose dade; in die geheim beplan hulle lokvalle. Hulle vra: “Wie sal dit ooit raaksien?”7. Hulle beplan misdaad, en sê: “Ons het ’n volmaakte plan!” Die mens se gedagtes en bedoelings is inderdaad baie duister.8. Maar God tref hulle met ’n pyl, en skielik is hulle gewond.9. Hulle eie woorde laat hulle struikel. Elkeen wat dit sien, skud die kop.10. Dan sal almal, vervul met ontsag, getuig oor die dade van God en iets van sy werke verstaan.Spreuke 16:18-1918. Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val.19. Eerder nederig lewe saam met armes as om buit te deel met hoogmoediges.Johannes 5:24-4724. “Dit verseker Ek julle, wie my woorde hoor en wie vertrou op Hom wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy kom nie in die oordeel nie, maar het reeds oorgegaan uit die dood na die lewe.25. Ek verseker julle, daar breek ’n uur aan, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor en dié wat dit gehoorsaam, sal lewe.26. Soos die Vader lewe in Homself het, só het Hy dit ook aan die Seun gegee om lewe in Homself te hê.27. Hy het Hom ook volmag gegee om te oordeel omdat Hy die Seun van die Mens is.28. Moenie hieroor verwonderd wees nie: Daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor29. en sal opstaan. Dié wat goedgedoen het, sal opstaan om vir altyd te lewe, en dié wat kwaad gedoen het, sal opstaan om veroordeel te word.30. Ek is nie daartoe in staat om enigiets uit My eie te doen nie. Soos Ek dit van die Vader hoor, oordeel Ek en my oordeel is billik omdat dit nie my wil is wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.”31. “As net Ek oor Myself getuig, is my getuienis nie geldig nie.32. Daar is Iemand anders wat oor My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy oor My aflê, eg is.33. Julle het mense na Johannes toe gestuur en sy getuienis was die waarheid.34. Ek hou nie vas aan die getuienis van ’n mens nie, maar Ek sê dit sodat julle verlos kan word.35. “Hý was die lamp wat gebrand en helder geskyn het, en julle was gewillig om julle vir ’n uur in sy lig te verbly.36. Ek beskik egter oor getuienis wat swaarder weeg as dié van Johannes. Die werk wat die Vader vir My gegee het om klaar te maak, dit is die werk waarmee Ek nou besig is; dit getuig ook oor My dat die Vader My gestuur het.37. Die Vader wat My gestuur het, dit is Hy wat oor My getuig het. Sy stem het julle nog nooit gehoor nie en sy persoon het julle ook nog nie gesien nie.38. En julle het nie regtig ’n greep op sy boodskap nie omdat julle nie in die Een glo wat Hy gestuur het nie.39. Julle bestudeer die Skrifte omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe sal kry. Dit is juis daardie Skrifte wat oor My getuig.40. Julle wil nietemin nie na My toe kom sodat julle die lewe kan ontvang nie.41. “Ek ontvang nie eer van mense af nie,42. maar Ek ken julle en weet dat julle nie die liefde vir God in julle koester nie.43. Ek het hiernatoe gekom in die Naam van my Vader, maar julle ontvang My nie. As iemand anders in sy eie naam sou kom, sal julle daardie persoon ontvang.44. Hoe kan julle in My glo terwyl julle onder mekaar eer ontvang, en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?45. Moenie dink dat dit Ek is wat julle aankla by die Vader nie. Dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat die aanklaer is.46. As julle Moses maar vertrou het, sou julle in My geglo het, want dit is oor Mý dat hy geskryf het.47. As julle egter nie glo in wat hy geskryf het nie, hoe sal julle ooit in my woorde glo?” Afrikaans Bible NLV 2011 2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011